Daar is nou maar eenmaal niemand anders soos Robbie Wessels nie. Hierdie veelsydige musikant, liedjieskrywer, akteur, grapjas en rolprentvervaardiger het oor die afgelope sestien jaar sommer diep in Suid-Afrikaners se harte kom inkruip. Woestyn, wat in Junie 2017 uitgereik is, is net nog ’n bewys van die goeie werk waarmee hy nog al die jare..
Continue reading…
Robbie Wessels spog met goue status vir ‘Woestyn’
Posted on Leave a comment
Enjoyed this post? Share it!
Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’
Posted on Leave a comment
Vyftien jaar nadat Kurt Darren die Afrikaanse musiekmark gestormloop het, wéét die onbetwisbare koning van Afrikaanse dansmusiek steeds hoe om die planke behoorlik te laat wip.
Sy nuwe album, Laat Die Dansvloer Brand, bestaan uit 14 snitte wat daai fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry.
Snitte soos Warrelwind se kind, Jy’s ’n legend, Fluit fluit, Gravitasie manipulasie en die titelsnit is by uitstek gerat vir ’n behoorlike skoffel, met ’n gesonde mengsel van pop, rock, ’n bietjie van ’n techno-ondertoon en ritmes met tonne skop wat dit duidelik maak dat dié album nie vir uitsitters of draadsitters gemaak is nie.
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!